Swapo moet demokrasie binne party handhaaf: EkandjoMarch 5, 2025

Swapo-strydros Jerry Ekandjo het die besluit van die party se sentrale komitee om die vise-president se posisie tot 2027 te bevries, gekritiseer en noem dit ongrondwetlik. Die besluit kom nadat die sentrale komitee vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah onderskryf het as die enigste presidensiële kandidaat vir môre se buitengewone kongres. Ekandjo, wat al vir 50 jaar ‘n lid van Swapo is en meer as 20 jaar ‘n lid van die sentrale komitee, het aan ‘n plaaslike mediahuis die belangrikheid van die handhawing van demokrasie binne die party beklemtoon.