Oplossings vir lang rye met e-visums word gesoek – Daniel June 19, 2025

Tydens ‘n sitting van die Nasionale Vergadering het die IPC-LP Rodrick Likando die toerisme-minister, Indileni Daniel, uitgevra oor die lang rye waarin toeriste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hulle bevind weens visumvertragings. Daniel sê die kwessie is onder bespreking en dat die ministerie moontlike oplossings ondersoek om die wagtye aan te spreek.