Napha soek ook StarlinkMarch 5, 2025
Landbou-unies het ‘n beroep gedoen op die Kommunikasie-regulerende Owerheid van Namibië, Cran, om Starlink se lisensie-goedkeuring te bespoedig, om internettoegang op die platteland te verbeter. Deeltydse Karasburg-boer Peet van Staden het ook ‘n aanlyn versoekskrif begin wat klem lê op die kritieke rol wat Starlink kan speel. Hy beklemtoon dat veediefstal bekamp kan word deur gevorderde toesigstelsels waarvoor internetdekking nodig is, wat ook gemeenskapsveiligheid in afgeleë gebiede sal versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Axel Cramer, president van die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, wat sê Starlink sal ‘n groot verskil in die bedryf maak.