IPC, LPM onttrek hoërhofaansoekMarch 5, 2025
Die IPC en LPM partye het in ‘n statusverslag wat Dinsdagmiddag by die hoërhof ingedien is, hulle aansoek teen die parlementêre verkiesings onttrek. Die partye sê die saak sou môre voorgekom het maar, na die hooggeregshof die ander aansoek, oor die presidensiële verkiesing van die hand gewys het, onttrek hulle in die hoërhof. Die LPM vra ook vir ‘n hofbevel dat sy 300 000 Namibiese dollar wat as sekuriteit vir kostes betaal is, terugbetaal word. Regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase sal môre ‘n bevel uitreik.