Nabta wil ook gehelp word, soos vulstasie-eienaarsMarch 5, 2025
Brandstofpryse het vandag gestyg, met die 30 sent per liter-styging in handelaarsmarge vir vulstasies wat ‘n kontroversie veroorsaak het. Die energie-ministerie het gesê die styging is sodat vulstasie-eienaars die nuwe minimum loon kan bekostig. Die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, is hoogs ontevrede omdat hulle al verlede jaar gevra het vir ‘n 15 Namibiese dollar verhoging in hulle tariewe, maar dit is nie toegestaan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pendapala Nakathingo, Nabta se sekretaris-generaal.