So lyk grenssluitings vir groente vir Maart
Die Namibiese Akkerbouraad het nuwe grenssluitings vir groente in Maart aangekondig. Die grens is gesluit vir invoere van beet, botterskorsie, Engelse komkommer, groen en gekleurde soetrissies, patats en soetmielies. Die grens is oop vir kool, wortels, skorsies uie, aartappels, ronde tamaties, waatlemoen, spanspek, iceberg-blaarslaai en spinasie. Pro-rata invoere word toegelaat vir pampoen, konfyt-tamaties en kersie-tamaties.