N$680 000 uitbetaal vir krokodilaanvalle

Die omgewingsministerie het groot uitdagings met konflik tussen mense en krokodille in die twee Kavango-streke. Sedert Januarie verlede jaar is vyf sterftes en ses beserings aangeteken weens krokodilaanvalle. Dit het die ministerie 680 000 Namibiese dollar in vergoeding gekos. Die ministerie betaal 100 000 dollar aan die families van oorlede slagoffers, 30 000 dollar vir slagoffers wat met gestremdhede gelaat word, en 15 000 dollar vir verlore liggaamsdele. Volgens die ministerie is bad, visvang en swem naby rivieroewers die oorsaak van die konflik veral omdat daar genoeg boorgate beskikbaar is vir water.