Voëlgriep-uitbreking in SA sterk moontlik: TLU SAMarch 3, 2025

Die landbou-organisasie, TLU SA, waarsku daar is tans ʼn groot moontlikheid dat voëlgriep in Suid-Afrika kan uitbreek. Die hoogsaansteeklike voëlgriepvirus, H5N1, het miljoene vrektes onder wilde voëls veroorsaak en handelspluimvee moes dringend uitgedun word. Bennie Van Zyl van TLU SA sê die vorige groot voëlgriep-uitbreking in Suid-Afrika het tot verliese van sowat 9,5 miljard Suid-Afrikaanse rand gelei.