Trustco Bank-kliënte kan onopgeëiste fondse by Voogdyfonds kryMarch 3, 2025
Die voormalige Trustco Bank Namibia het sy bankbedrywighede suksesvol afgesluit. Alle onopgeëiste fondse is met rente na die Voogdyfonds oorgeplaas. ‘n Finale kennisgewing is aan alle voormalige kliënte met onopgeëiste deposito’s gestuur, met instruksies oor hoe om die Voogdyfonds te kontak om hul fondse vanaf vandag op te eis. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die adjunk uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior.