Cholera saai amok in Soedan
Meer as 2 700 gevalle van cholera is sedert die begin van die jaar in Soedan aangemeld. Altesaam 65 sterftes, insluitende dié van tien kinders, is bevestig. Unicef, in samewerking met die Soedanese regering, het pogings opgeskerp om te verhoed dat die siekte versprei – veral in oorvol kampe waar 650 000 ontwortelde mense en 400 000 vlugtelinge gehuisves word. Die situasie word deur kragonderbrekings vererger wat watertoevoer ontwrig en mense dwing om besmette water uit ‘n vertakking van die Nylrivier te gebruik.