Xinfeng het nie in Mei 2023 onwettig gemyn nie

Die verslag van die parlementêre staande komitee op natuurlike hulpbronne wat ondersoek ingestel het na die onwettige myn van litium by Uis in die Daurês kiesafdeling, het bevind dat geen onwettige myn-aktiwiteite geïdentifiseer is in die werksaamhede van Xinfeng en Long Fire Investments ten tyde van sy konsultasies met belanghebbendes in Mei 2023 nie. Ander belangrike kwessies wat met mynaktiwiteite verband hou is egter geïdentifiseer. Die komitee het aanbevelings gemaak om die kwessies aan te spreek om ‘n meer inklusiewe en deursigtige benadering tot mynery-administrasie en gemeenskapsbetrokkenheid in die toekoms te verseker. Die ondersoek het gevolg op ‘n mosie wat deur LP Henry Seibeb ter tafel gelê is op 5 April 2023, in ‘n poging om ‘n vriendskaplike oplossing te vind vir spanning tussen die gemeenskap, die myne sektor en die tradisionele owerheid.