Noa wen weer na appèlaansoek van die hand gewys is

Regters Philanda Christiaan en Herman January het die staat se aansoek vir verlof tot appèl by die hooggeregshof na die omkeer van Dennis Noa se skuldigbevinding op ‘n klag van verkragting, van die hand gewys. In die uitspraak sê Christiaan die staat het kort geskiet op die minimum om hulle saak te bewys en daar is geen kanse vir sukses op appèl nie. Die leerlingdokter se vonnis is verlede jaar in November omgekeer na hy deur ‘n Windhoekse landdros tot agt jaar tronkstraf gevonnis is.