Lusern, tef kan weer ingevoer word
In sy weeklikse nuusbrief herinner die Namibiese Landbou-unie dat die direktoraat van veeartsenydienste op 17 Desember verlede jaar ‘n openbare kennisgewing uitgereik dat lusern en tef weer vanaf Suid-Afrika ingevoer mag word. Die NLU sê dit is belangrik om te let dat daar nie ‘n lys van Suid-Afrikaanse verskaffers van lusern beskikbaar is nie en dus word invoerders aangeraai om ‘n aanbevelingsbrief van die plaaslike Suid-Afrikaanse staatsveearts, wat verantwoordelik is vir die areas of distrikte waar die plaas of verskaffer geleë is, te bekom. Die brief moet bevestig dat die verskaffer voldoen aan Namibië se invoervereistes.