Groot kommer oor opheffing van Vigs-geld in SAFebruary 28, 2025

Die Sex Workers Education and Advocacy Taskforce het ernstige kommer uitgespreek oor die onlangse besnoeiings in USAid-befondsing, wat ‘n aansienlike uitwerking op MIV-voorkoming- en behandelingsprogramme in Suid-Afrika sal hê. Die organisasie versoek die regering om vinnig op te tree, die befondsing te verhoog en plaaslike oplossings te ondersteun om gemeenskappe wat gemarginaliseerd is se regte en gesondheid te beskerm. Die direkteur, Kholi Buthelezi, het op ‘n nuuskonferensie gesê hierdie besnoeiings is verwoestend vir kwesbare gemeenskappe, veral sekswerkers, en is ‘n terugslag ná jare se vordering in die bekamping van MIV: