Akkerbouraad bied inligtingsessie vir groente-produsente
Die Namibiese Akkerbouraad bied van 3 tot 11 Maart ‘n inligtingsessie aan vir groente-produsente in die noord-sentrale produksiesone. Die doel is om produsente te help om hul toegang tot die mark te verbeter, na-oes verliese te verminder en ‘n beter begrip van die verwagtinge van kleinhandelaars te kry. Dit is ‘n uitstekende geleentheid vir boere om hul kennis te verbeter, hul ondernemings te versterk en ‘n meer volhoubare toekoms in groenteproduksie te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulus Nashapi, die Akkerbouraad se projekbestuurder.