Trump wil dagvaar oor anonieme bronne
Die Amerikaanse president, Donald Trump, is woedend oor ‘n neerhalende nuwe boek wat alles oor hom ontbloot en dreig om skrywers en media wat anonieme bronne gebruik te dagvaar. Trump het die dagvaarding van mense ‘n integrale deel van sy handelsmerk gemaak in sy reis van New Yorkse eiendomsmagnaat na Amerikaanse president. Hierdie keer het hy sy visier op die aanvaarde praktyk om naamlose bronne vir boeke en nuusstories te gebruik. Trump is ook berug vir sy minagting van die hoofstroommedia in Amerika, waarna hy as die fopnuus-media verwys.