Rassie sê Felix Jones is terug as Bok-hulpafrigter
Rugby: Felix Jones, wat ‘n dubbele Wêreldbeker-wenner is, keer terug as Springbok-hulpafrigter na ‘n kort tydjie by Engeland. Nasionale breier Rassie Erasmus het hom aangekondig as een van sy ses hulpafrigters. Erasmus het Jones en twee ander nuwe toevoegings bekendgemaak. Lance Lemmetjies is vanaf Junie een van twee fisioterapeute in die mediese span en Robyn Moore is vanaf 1 April die span se dieetkundige. Jones sluit die naweek by die span aan.