Gossip Girl-ster sterf op 39
Die ster van Gossip Girl en Buffy the Vampire Slayer, Michelle Trachtenberg, is op 39-jarige leeftyd oorlede. Volgens die stad New York se polisiedepartement is sy bewusteloos aangetref in haar woonstel in Manhattan en mediese noodpersoneel het haar op die toneel dood verklaar. Die polisie sê geen misdaad word vermoed nie. Trachtenberg het ook gespeel in flieks soos 17 Again saam met Zac Efron en Matthew Perry, asook in Ice Princess en Eurotrip.