SA-Australië Kampioenetrofee-wedstryd reën uit

Krieket: Vandag se Kampioenetrofee-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Pakistan is afgelas sonder dat ‘n enkele bal geboul is. Aanhoudende reën in Rawalpindi het veroorsaak dat die kapteins nie eens kon loot nie. Dit beteken die spanne deel die punte en elkeen kry ‘n punt. Die lande het nou albei drie punte na vroeë oorwinnings oor onderskeidelik Afganistan en Engeland. Die Proteas speel hulle laaste groepswedstryd Saterdag teen Engeland en Australië kom die vorige dag teen Afganistan te staan.