Geen planne om oorde, lodges te verkoop: NWRFebruary 25, 2025
Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, Mathias Ngwangwana, het in ‘n brief aan personeel ontken dat enige lodges of vakansie-oorde verkoop gaan word. Hy het verwys na bewerings op sosiale media waarvolgens 14 lodges en vakansie-oorde verkoop of oorgedra gaan word. Volgens Ngwangwana is die bewerings nie op feite gebaseer nie en personeel hoef hulle nie te bekommer nie. Hy het na ‘n tender-dokument wat ook gedeel is verwys en gesê hulle is wel besig met ‘n proses om onder-presterende eiendomme te hersien, met die doel om hulle winsgewend te maak.