Namibiërs mal oor e-betalings, maar wat van kuberveiligheid?
Kenners in kuberveiligheid het groot kommer oor veiligheidsmaatreëls in Namibië na kuberkrakers toegang tot Standard Bank en Telecom in November verlede jaar gekry het en nou onlangs met die voorval by Paratus. Die kommer neem toe met die nuus dat Namibiërs se elektroniese betalings die streeksgemiddeldes oorskry met 1,26 triljoen Namibiese dollar se e-transaksies teenoor 5,61 miljard dollar se kontanttransaksies wat in een jaar aangeteken is. Die sentrale bank sê syfers van 2024 dui aan dat mobiele geldplatforms uiters gewild is en kontant was die minste gebruikte vorm van betaling in 2024.