Konflik grootste oorsaak van internetafsluitings

‘n Verslag deur Access Now en die #KeepItOn koalisie wys daar was in 2024 ‘n rekordgetal van 296 internetafsluitings in 54 lande. Dit is hoër as die totaal van 283 in 2023. Felicia Anthonio van Access Now sê konflik is die grootste oorsaak van die afsluitings, wat gedoen word om kommunikasie te onderdruk en inligting te beheer. Sy beklemtoon dat daar dringend internasionale aksie moet wees om digitale sensorskap te verhoed.