GRN beplan (weer) huise, bou net 81 291 in 35 jaar

Die nasionale begroting sal eers na die nuwe parlement in Maart ingesweer word, ter tafel gelê word. Presies hoeveel fondse aan behuising toegeken sal word is onbekend maar, die Tender Bulletin het ‘n ontleding gedoen van die Nasionale Behuisingsbeleid, wat net voor verlede jaar se verkiesings bekend gemaak is. Die regering het ‘n oor ambisieuse plan om 67 miljard Namibiese dollar oor vyf jaar in behuising te belê en jaarliks tussen 30 000 en 44 000 eenhede te lewer. Daar is ‘n agterstand van 300 000 huise en die regering het sedert 1990 ‘n skamele 81 291 huise gebou met talle nasionale programme wat misluk het.