Afrika-kredietgradering agentskap kan voordele hê, maar…

Volgens kundiges sal die bekendstelling van die African Credit Rating Agency Afrika-lande en Namibië se kredietassesseringslandskap transformeer en afhanklikheid van globale agentskappe soos Moody’s en Fitch verminder. Die inisiatief het ten doel om deursigtigheid te verhoog en assesserings te gee wat die ekonomiese realiteite van Afrika meer akkuraat weerspieël. Ontleders reken dit het die potensiaal om regverdiger, meer streeksgepaste evaluerings te verskaf, maar slegs as dit geloofwaardigheid en onafhanklikheid handhaaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Ekonomie-departement gesels oor hoe dit Namibië sal bevoordeel.