Pous steeds nie buite gevaar
Pous Fransiskus is nog nie buite gevaar nie en sal nog minstens ‘n week in die hospitaal bly. Dokters het egter in hulle eerste persoonlike opdatering ‘n week nadat die pous opgeneem is, gesê sy lewe is nie in gevaar nie. Die 88-jarige pous word behandel vir dubbelle longontsteking en chroniese brongitis. Hy kry af en toe suurstof en versterkte dwelmterapie vir longontsteking. Miljoene mense reg oor die wêreld is bekommerd oor die agteruitgang van die pous se gesondheid en spekuleer oor ‘n moontlike bedanking.