Bouplanne daal effe in Januarie
Die bouplanne vir hoofstad vir Januarie is bekend. Volgens IJG Securities was 74 planne, ter waarde van 47 miljoen Namibiese dollar, goedgekeur, 12,1 persent laer op ‘n jaargrondslag. Die makelaarsfirma voeg by dat op ‘n kumulatiewe basis toon dit wel ‘n 5,1 persent toename in goedgekeurde bouplanne en ‘n 45,1 persent groei in die waarde. Gedurende Januarie is 38 bouplanne ter waarde van 48,7 miljoen dollar voltooi.