Oshakati-vrou dagvaar vir N$3,8m na gru-geboorte

‘n MIV-positiewe vrou en haar lewensmaat dagvaar die gesondheidsministerie vir skadevergoeding van 3,84 miljoen Namibiese dollar na haar baba in ‘n koma gebore is op Oshakati. Die saak is vandag in die hoërhof op die dorp voor regter David Munsu. In haar uitgebreide stukke sê sy daar is bevind die fetus was bo 4 kilogram in gewig en daar was ‘n blokkasie vir normale geboorte en tog, het die dokters besluit sy moet normaal kraam. Haar ontsluiting was so groot dat sy vanaf die geboorte op 17 September 2022 tot 10 November 2022 in die hospitaal daarvoor behandel is. Sy loop steeds met die hulp van ‘n loopraam. Haar babadogtertjie is op 9 November dood en het nooit uit haar koma gekom nie.