Windturbine-vervaardiging klop met groenwaterstof-bloudruk
Windwise Turbines Namibia beplan ‘n windturbine-vervaardigingsaanleg vir Stampriet, en het reeds ‘n eerste groep Namibiese ingenieurs gestuur vir ‘n opleidingsprogram in Kaapstad. Die land se groenwaterstof-bloudruk stel die ontsluiting van sub-industrieë in die vooruitsig, soos die vervaardiging van sonkragpanele en windturbines. Dit sal Namibië en Afrika se ambisies vir hernubare energie tot voordeel strek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, die woordvoerder van die Namibië Groenwaterstofprogram, oor hoe windturbine-vervaardiging met die bloudruk se doele belyn.