Man verbied van alle vrouetoernooie na voorval met Emma RaducanuFebruary 19, 2025
Tennis: ‘n Man is verbied om beroeps-vrouetoernooie by te woon na ‘n voorval met die Britse speler Emma Raducanu tydens die Dubaise Kampioenskap. Die 22-jarige Raducanu het in trane uitgebars gedurende haar wedstryd teen die Tsjeg Karolina Muchova toe sy die man op die pawiljoen gesien het. Hy het haar vroeër op ‘n onbetaamlike manier genader. Die beheerliggaam, die WTA, sê die man is by alle toernooie verbied terwyl die erns van die bedreiging bepaal word. Raducanu het in 2022 ‘n weerhoudingsbevel gekry teen ‘n man wat haar bekruip het.