Elektriese heinings net so groot bedreiging vir ietermagôs
Soos die wêreld Wêreld-ietermagôdag Saterdag gevier het, is een wat gered en vrygelaat is dood na hy geskok is deur elektriese heining. In ‘n verklaring sê die Pangolin Conservation and Research Foundation die hoeveelheid van die diere wat so verlore gaan is onbekend. Volgens ‘n studie in Suid-Afrika vrek een ietermagô vir elke 11 kilometer van elektriese heining. Sedert 2018 is 570 ietermagôs gestroop en meer is dood as gevolg van droogtes en swak bestuurde weiveld.