Voertuigverkope vir Januarie vertoon goed
Januarie se voertuigverkope het ingekom op 1,7 persent meer as in Januarie 2024 met 966 eenhede maar, Simonis Storm sê verkope het egter met 12,2 persent op ‘n maandgrondslag afgeneem. Die makelaarsfirma sê verkope in Januarie is geneig om gedemp te wees, en bly dikwels onder die 1 000-drempel maar, die verhoogde verkope dui daarop dat die rentekoers omgewing meer gunstig is. Dit strook met verwagtinge dat verligting van finansieringkoste begin deursyfer na verbruikersbesteding aan duursame goedere.