Almal behalwe Oekraïne vergader vandag, oor Oekraïne February 18, 2025
Senior Amerikaanse en Russiese diplomate vergader vandag in Saoedi-Arabië oor ‘n moontlike einde aan die oorlog in Oekraïne. Dit sal die eerste ontmoeting tussen senior verteenwoordigers van die twee lande wees sedert Moskou Oekraïne in Februarie 2022 binnegeval het. Die Amerikaanse president, Donald Trump, is ten gunste van ‘n vinnige oplossing vir die konflik, maar het nog nie ‘n plan uiteengesit om die strydende partye om die onderhandelingstafel te kry nie. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê Kiëf weet niks van die samesprekings in Riaad nie.