SAPD se reserviste-program gaan agteruit February 18, 2025
AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die agteruitgang van die polisie se reservisteprogram, wat die afgelope dekade met 90-persent gekrimp het. AfriForum se 177 buurtwagte het daarenteen in twee jaar met 15-persent gegroei. AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê ondanks planne van die polisie om teen 2026 30 000 beamptes te werf, kan hy nie reserviste behou nie. Hy eis deursigtigheid en vra dringende optrede om steun vir gemeenskaps-wetstoepassing te herstel: