Rubio lê onstabiliteit in Midde-Ooste voor Iran se deur

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Iran is steeds die grootste bron van onbestendigheid in die Midde-Ooste. Hy het Israel die naweek besoek oor die brose skietstilstand tussen Israel en Hamas. Hy beplan ook om Russiese amptenare in Saoedi-Arabië te ontmoet om die beëindiging van die oorlog in Oekraïne te bespreek. Rubio sê Iran staan agter elke terreurgroep en elke daad van geweld wat vrede en bestendigheid bedreig: