SA-tronke het nie voldoende grensheinings nieFebruary 17, 2025
Die DA sê hy is bekommerd omdat byna die helfte van Suid-Afrikaanse tronke nie voldoende grensheinings het nie. Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag gesê sowat ‘n miljard Suid-Arikaanse rand is nodig om grensheinings by 120 tronke landwyd op te knap. Kabelo Kgobisa-Ngcaba van die DA sê die gebrek aan spesifieke datums vir voltooiing van hierdie projekte, wat aan befondsing toegeskryf word, wek ernstige kommer: