Petrobas soek oliebates by onsFebruary 17, 2025

Brasilië se Petrobras wil belange in Afrika-oliebates, hoofsaaklik in Angola, Namibië en Suid-Afrika, aankoop om sy reserwes ‘n hupstoot te gee aangesien hy verwag dat uitset na 2030 sal daal. Die Brasiliaanse staatsenergiefirma is in gesprek met maatskappye, insluitend bestaande vennote ExxonMobil, Shell en TotalEnergies om ‘n deel van hul Afrika-bates te koop. Die maatskappy sê aan Reuters dit maak sin omdat hulle reeds vennote in Brasilië is. Petrobras hoop om 2,8 miljoen vate per dag vanjaar te produseer en het planne om dit teen 2029 tot 3,1 miljoen op te stoot. Die maatskappy is gemaklik met die huidige oliepryse aangesien sy projekte uiters volhoubaar is teen ‘n baie lae prys van 45 Amerikaanse dollar per vat.