Khomas goewerneur verduidelik oor waterrekening
Khomas goewerneur Laura McLeod-Katjirua het ontken dat sy spesiale behandeling gekry het om haar munisipale skuld by die Stad Windhoek aan te spreek. Dit kom ná bewerings oor die teendeel in die openbare domein deur aktiviste. McLeod-Katjirua het benadruk dat sy eers die munisipaliteit gekontak het na haar watertoevoer gestop was weens ‘n uitstaande bedrag van 27 000 Namibiese dollar. One Africa het ‘n onderhoud met McLeod gehad waarin sy verduidelik.