Groot Aub se waterprobleme kry aandag van inwoners selfFebruary 17, 2025
Die Formalisering van Informele Nedersettings en Integrasie van Groot Aub Raadsadvieskomitee het watertekorte, grondbesettings en onwettige wateraansluitings na vore gebring. Chroniese lae druk kom by die nedersetting voor. Komiteevoorsitter raadslid Ivan Skrywer het opdrag gegee dat die Windhoek Stadspolisie en die waterdepartement die hele waternetwerk inspekteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Skrywer gepraat, wat meer inligting gee oor die kwessies waarmee hulle te kampe het.