Soedan, DRK oorheers AU-beraad
Afrika-nuus is die voortslepende konflikte in Soedan en die DRK wat na verwagting samesprekings deur Afrika-leiers sal oorheers wat byeengekom het in Addis Abeba vir die 38ste Afrika Unie-spitsberaad. Die buitelandse sakeminister van Angola, Tete Antonio, het by die hoofkwartier van die AU in Ethiopië gesê vir die vasteland om die volhoubaarheidsteikens van 2063 te bereik, moet al Afrika se moeilikhede uitsorteer word en dit ‘n beter plek gemaak word, vry van konflikte. President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika woon ook die konferensie by wat tot môre duur.