Reën op pad na westelike dele van Namibië

Die oostelike dele van die land kan oor die volgende dag of twee goeie neerslae verwag, maar dan blyk dit of dit die westelike dele van die land se beurt is. Die bekende weerkenner van die Suide, George van der Merwe, sê teen Dinsdag sal die prentjie duideliker wees.