Veenlande kort meer beskermingFebruary 14, 2025
ʼn Studie waarsku dat die wêreld se veenlande nie genoeg beskerm word nie. Veenlande bedek glo net 3 persent van alle grond, maar stel baie koolstofdioksied vry as dit gedreineer word. Dit word beskou as die vierde grootste besoedelaar in die wêreld. Die eerste globale ondersoek het bevind slegs 17-persent word beskerm wat heelwat minder is as tropiese woude en wortelbome. Groot veenland-nasies soos Kanada, Rusland en Indonesië se beskermingsvlakke is selfs nog laer.