Werkswinkels oor Waterwet uitgestelFebruary 14, 2025
Die Kabinet het opdrag gegee, effektief vanaf 9 Februarie, dat alle funksies en werkwinkels uitgestel moet word tot ná die begrafnis van die stigterspresident Sam Nujoma. As gevolg hiervan het die landbouministerie die streekwerkwinkels oor die Waterwet wat tussen 10 en 28 Februarie 2025 regoor Namibië sou plaasvind, gekanselleer. Nuwe datums vir die werkwinkels sal gekommunikeer word sodra dit bekend word. Dit kom terwyl daar groot kommer is oor die wet en sy vele bepalings vir boere. Daar word beraam dat veral die boorgate ‘n uitdaging is met ongeveer 150 000 produksiegate landswyd.