Ingebrigtsen laat spat 2 wêreldrekordsFebruary 14, 2025
Atletiek: Jakob Ingebrigtsen van Noorweë het nuwe wêreldrekords opgestel in die binnenshuise myl en die binnenshuise een-duisend-500-meter op ‘n byeenkoms van Wêreldatletiek in Lievin, Frankryk. Hy het die rekord in die myl verbeter wat die Amerikaner Yared Nuguse net vyf dae gelede opgestel het, en meer as ‘n sekonde vinniger geëindig in drie-minute-45,14-sekondes. Ingebrigtsen se tyd van drie-minute-29,36-sekondes in die duisend-500 verbeter sy eie rekord wat hy drie jaar gelede op dieselfde byeenkoms opgestel het. Die 24-jarige het goud verower in die langafstande op die vorige twee Olimpiese Speles.