CAN se Spray-a-Thon skop af
Die Kankervereniging van Namibië het amptelik die 2025 Spray-a-Thon-veldtog van stapel gestuur, wat skole en besighede regoor die land aanmoedig om deel te neem ter ondersteuning van kinders wat kanker beveg. Hierdie jaarlikse geleentheid nooi deelnemers uit om hul hare in ‘n verskeidenheid kleure te spuit om fondse in te samel en bewusmaking te verskerp. Die veldtog duur tot die einde van Maart en bied Spray-a-Thon-stelle, insluitend kleurvolle haarsproei en geleentheidsriglyne. Belangstellendes kan die Kankervereniging se projekafdeling kontak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof.