Suid-Afrika gaan swaarkry sonder Amerikaanse geldFebruary 13, 2025
Daar is groot kommer in Suid-Afrikaanse landboukringe oor waninligting rakende die Onteieningswet, wat gelei het tot Amerikaanse president Donald Trump se opskorting van hulp aan die land. AgriSA het reeds die regering gevra om grond in staatsbesit vir opkomende boere vry te stel om groei in landbou te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kobus Laubscher, die bekende landbou-ekonoom, wat sê daar sal gevolge wees vir die land se sosiale stelsels met die onttrekking van hulp van die VSA.