Nopal sal saam met verskeie boere werkFebruary 13, 2025
Namibië se Nopal Carbon Farming-inisiatief is ‘n belangrike stap in die rigting van volhoubare landbou en koolstofsekwestrasie, wat die land posisioneer as ‘n wêreldleier in koolstofkrediet-generering deur nopal-kaktus, of turksvy-boerdery. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nicole Maske, besturende vennoot van die projek, oor hoe dit tot sosio-ekonomiese ontwikkeling sal bydra.