Staat wil appelleer teen Noa se kwytskeldingFebruary 13, 2025
Die staat het aansoek vir verlof tot appèl by die Hooggeregshof ingedien nadat die hoërhof die skuldigbevinding van die leerlingdokter, Dennis Noa, verlede jaar in November omgekeer het. Noa is skuldig bevind op ‘n aanklag van verkragting en deur ‘n Windhoekse landdros tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Regters Herman January en Philanda Christiaan het bevind die staat het nie sy saak bewys nie. In sy aansoek voer die staat aan dat die hoër onvoldoende ag geslaan het op die totaliteit van die omstandigheidsgetuienis, wat bo redelike twyfel bewys dat Noa aan verkragting skuldig is.