Mopwaniewurms sukkel plaaslik ook, nes in BotswanaFebruary 13, 2025

Mopaniewurms, ʼn belangrike bron van proteïene en ʼn vaste inkomste vir baie mense, is nou skaars in Botswana. Dit word toegeskryf aan klimaatsverandering met sy droogtes en uiterste temperature, wat die wurmbevolking skerp laat daal het. Daar is ook te veel wurms geoes, wat bevokingsgroei knou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, wat sê die situasie is dieselfde in Namibië.