14 bekendes benoem vir 2025 Rock and Roll Hall of Fame

Kunstenaars soos Mariah Carey, Cyndi Lauper en die Manchester-groepe, Oasis en New Order, is onder die 14 benoemdes vir die 2025-opname in die Rock and Roll Hall of Fame. Agt van die bekendes, insluitend Chubby Checker en Billy Idol, is die eerste keer benoem. Eers 25 jaar nadat hulle eerste kommersiële opname gemaak is, kom kunstenaars in aanmerking vir benoeming. ʼn Internasionale paneel bestaande uit meer as 1 200 kunstenaars, geskiedkundiges en rolspelers in die musiekbedryf kies dan die wenner. Ondersteuners kan ook aanlyn vir hul gunstelinge stem.

Foto: Verskaf