Sri Lanka behaal verstommende ODI-oorwinning oor Australië
Krieket: Sri Lanka het op indrukwekkende wyse teen die wêreldkampioen, Australië, teruggeveg om die eerste eendagwedstryd met 49 lopies te beklink, na ‘n honderdtal deur kaptein, Charith Asalanka. Sri Lanka moes ‘n beskeie teiken van 215 verdedig en het die besoekers binne 34 boulbeurte vir 165 uitgeboul om met 1-0 in die reeks van twee wedstryde voor te loop. Asalanka se 127 is die beste van sy loopbaan. Hy het ook die belangrike paaltjie van Alex Carey ingepalm terwyl Maheesh Theekshana vier paaltjies vir 40 lopies platgetrek het.